Tuesday, 10 March 2015

'n Oomblik van briljantheid

'n Oomblik van briljantheid...

In die hitte van die oomblik, 'n oomblik van briljantheid (en verwarring), het ek tot die skok beseffing gekom dat my lewe, die volle 21 en 'n half jaar daarvan, het nog meestal uit akademiese- en persoonlike ontwikkeling bestaan. Iets wat ek nog altyd geniet het en steeds doen, maar my innerlike liefde vir ontdekking het na vore gekom in die afgelope week (sal in die vervolg uittreksel beskryf) en my laat dink oor waaroor die lewe regtig gaan. Almal skarrel rond en probeer byhou by 'n globale gemeenskap wat so vinnig verklein dat geen persoon kan byhou nie, mense se ideale en drome het verander.

Waar is die dae waar ons kon lag en gesels by 'n geleentheid sonder dat iemand hulle foon optel om te kyk of daar nie lewe aan die ander kant van 'n dooie skerm is nie. Hoeveel keer hoor jy nie by mense dat hulle twitter of facebook persoonlike blad nie genoeg vriende of volgelinge het nie en dat hulle lewens leeg voel omdat hulle lanklaas iets gehad het om mee te deel op sosiale netwerke.  Is dit regtig waartoe ons ideale en drome streef op die oomblik?? My vraag was gaan ek deel bly of gaan ek my eie pad volg?

Na my oomblik van euforie, het my gedagtes met my kop begin smokkel, 'n duiselige gevoel in die agterkant van 'n eens wakker siel, ek was besig om verander te word deur tegnologie. Die tegnologie self is nie my achilles nie, dis die verskeie veranderinge wat dit teweegbring wat my pla. Op 'n sosiale vlak vind kinders hulself al hoe minder in aktiewe gesprekke, gesig-tot-gesig, met ander en die implikasies wys daagliks. Die digitale monster is besig om sy groot swart naels in die jeug van vandag te plunder, dit is besig om letsels te laat wat nie in die leeftyd genees kan word nie.

Na al die gedagtes my brein deurspoel het met idees en kommer, het ek my besluit gemaak om na die jaar in NOS (Nagraadse Onderwys Sertifikaat) my vlerke te sprei en die doel van my lewe te gaan soek, na die jaar gaan ek soos die Britte dikwels beskryf "of the grid" gaan en myself, genesing en uiteindelik vele antwoorde gaan vind...

Word Vervolg....

Tuesday, 24 February 2015

Wat is Digitale Pedagogie

Digitale pedagogie kan na verwys word as die gebruik van tegnologiese apparate/tegnieke om die onderrig en leer proses te vergemaklik en meer stimulerend vir beide partye, die onderwyser en leerder, te maak.